Valke arresteer nóg twee in Kuruman
2011-11-24 23:00
Kaapstad – Nog twee vermeende lede van die
edelgesteente-sindikaat wat in Kuruman oopgevlek is, is in hegtenis geneem.
Die Valke het tot dusver 31 verdagtes in die saak in hegtenis
geneem, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.
Woensdag is 29 lede van die sindikaat in
Kuruman, 230 km noordwes van Kimberley, vasgetrek.
Die sindikaat is vanuit vier myne in die Kuruman-area bedryf.
Die Valke hou die sindikaat sedert Augustus 2009 dop.
Drie van die wat in hegtenis geneem is, is polisiebeamptes terwyl die res almal werknemers by die myne was.
Die 31 verdagtes sal Vrydag in die Kuruman-landroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA