Vakbonde in weermag dalk verbode

2010-06-13 10:00
Tweets Share Share line Print

Mnr. Andrew Mlangeni

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport

Kaapstad - Die doodsklok kan lui vir vakbonde in die weermag indien die Wysigingswetsontwerp op Verdediging, wat tans voor die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging dien, aanvaar word.

Vakbonde in die weermag is lank­al ’n brandende kwessie tussen soldate en die departement van verdediging, met verlede jaar se muitery by die Uniegebou in Pretoria wat die vonk in die kruitvat verskaf het.

Die aanloop tot die kwessie is dat die konstitusionele hof bevind het ’n verbod op vakbonde in die weermag is ongrondwetlik.

Dit was Donderdag by die sitting van die portefeuljekomitee duidelik dat die ringkoppe in sowel die weermag as die departement van verdediging (tans nog onder burgerlike beheer) opdrag het om nie in die openbaar te sê hulle is teen vakbonde in die weermag nie.

“Mens weet nooit waar jy aangehaal word nie,” het ’n verteenwoordiger van die departement se regsafdeling gesê, en ’n verteenwoordiger van die staatsregsadviseur was ewe versigtig.

David Maynier, DA-LP, het die vraag oor ’n verbod op vakbonde reguit gestel, wat tot ’n uiterse katvoetlopery deur die weermag gelei het.

Andrew Mlangeni, ANC-LP en veteraan van die Rivonia-verhoor wat selde ’n wag voor sy mond sit, was egter uitgesproke teen vakbonde.

“Laat ek dit reguit stel. Ek is teen vakbonde. Wat as ons oorlog toe gaan en ’n vakbond besluit om nie deel te neem nie?” het hy gevra.

’n Klein verdere tafereel in die groeiende stryd om inligting oor die weermag vir die publiek beskikbaar te hou, het hom ook afgespeel.

Maynier het gevra dat ’n onlangse verslag oor onder meer arbeidsverhoudinge in die weermag aan die portefeuljekomitee beskikbaar gestel word sodat hulle ingeligte besluite kan neem.

Mnyami Booi, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee, het vervolgens daarop aangedring dat Mpumi Mpofu, aangewese sekretaris van verdediging, die inligting aan die komitee beskikbaar stel.

Mpofu het egter gesê sy sal haar laat lei deur die besluit van die minister van verdediging, me. Lindiwe Sisulu, hieroor.

Twee ander kwessies kom in die wetsontwerp ter sprake. Eerstens bepaal dit wie almal in die opper­bevel van die weermag dien.

Tweedens maak dit voorsiening vir die versterking van die reserwemag, wat tans sowat 27 000 lede het, deur werkgewers te verplig om werknemers toe te laat om aan oproepinstruksies gehoor te gee, hoewel daar ook appèlprosedures is.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Software Engineers

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R35000 - R50000

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.