Vakbond verklaar salaris-dispuut met De Beers
2010-05-04 00:30
Johannesburg - Die National Union of Mineworkers (NUM) het ’n salaris-dispuut met die diamant-reus, De Beers verklaar.
Die vakbond het Maandag in ‘n verklaring gesê die kwessie is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) verwys.
"Dié kwessie, wat die vakbond moontlik tot ‘n staking by De Beers sal laat oorgaan, gaan oor ’n 15% salaris-verhoging en ’n verhoging van 5% vir skofte.”
Die vakbond het gesê De Beers het tot dusver ‘n verhoging van 8% aangebied wat hulle afgekeur het.
"Die tyd het aangebreek om vir De Beers aan te vat. Ek kan nie sien hoe ons die keer nie kan staak nie,” het Peter Bailey, NUM se hoof onderhandelaar by De Beers gesê.
"Die CCMA is ‘n gevaarteken vir hulle. Hulle kom ons wense óf na óf ons sal hulle binne ‘n paar weke op hul kneë hê,” het hy gesê.
NUM het ‘n beroep op die maatskappy gedoen om vanjaar se onderhandelings “in goeie trou” te benader weens die hoë lewenskostes.
De Beers het gesê hulle sal later in ‘n verklaring reageer.
-Sapa