Vakbond looi Nestlé

2009-10-02 08:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) het Nestlé se "skandalige" melkaankope van Grace Mugabe se plaas, met veragting verwerp.

Katishi Masemola, sekretaris-generaal van Fawu het 'n beroep op Nestlé gedoen om Zimbabwiërs om verskoning te vra.

"Fawu verwerp Nestlé se melkverskaffing van 'n plaas wat Mugabe se gesin met geweld van sy oorspronklike eienaars gevat het."

"Ons doen 'n beroep op Nestlé om die eerbare ding te doen en Zimbabwiërs om verskoning te vra vir dié sakepraktyk, as dit nie heeltemal onwettig is weens die sanksies wat op pres. Robert Mugabe geplaas is nie."

Nestlé moes van beter geweet het, het Masemola gesê.

"Ons is in kontak met ons Zimbabwiese kantore en leiers van die internasionale vakbondfederasie om die reaksie van Nestlé te monitor en om te kyk hoe hulle die situasie herstel."

"Indien nie, sal ons drastiese aksie teen die maatskappy neem."

Nestlé Zimbabwe het Donderdag aangekondig dat hy nie langer besigheid met mev. Mugabe se suiwelplaas sal doen nie.

Volgens Robin Tickle, woordvoerder van Nestlé se hoofkantoor in Switserland, was Zimbabwe se suiwelbedryf in Februarie op die rand van ineenstorting, berig Beeld.

Die Suiwelraad van Zimbabwe kon nie langer melk koop by Gushungo Dairy-landgoed en sewe ander plase nie.

“Ons het dus besluit om hierdie melk tydelik te koop, anders sou dit lei tot ’n verdere verswakking in kosvoorraad in Zimbabwe. Vandag het die Suiwelraad ons ingelig dat hy nou weer in staat is om self hierdie melk te koop,” het hy gesê.

Tickle het vroeër volgehou die maatskappy oortree nie Switserse of Zimbabwiese wette nie, hoewel die Mugabes op die Europese Unie en die VSA se sanksielys is weens magsmisbruik en die skending van menseregte.

Die volle omvang van pres. Mugabe se persoonlike plaasvergrype het egter nou eers aan die lig begin kom.

Volgens die Britse Telegraph het hy ’n plaasryk van minstens vyf eiendomme vir homself opgebou.

Die Switserse kosmaatskappy is gedreig met ’n internasionale boikot nadat dit die naweek aan die lig gekom het hy koop tot ’n miljoen liter melk per jaar by die Gushungo Dairy-landgoed, sowat 48 km noord van Harare.

Internasionale menseregte-groepe en Suid-Afrikaanse kerklui het die afgelope week druk op die maatskappy uitgeoefen.

"In die lig van die onlangse omstredenheid oor ons verhouding met die Gushungo Dairy-landgoed, glo ons dat dié aankondiging ons langtermyn verbintenis aan Zimbabwe reflekteer," het die maatskappy in 'n verklaring gesê. 

Sapa

Lees meer hier oor ons lesers se opinies oor dié aangeleentheid.
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: nestle  |  skandale  |  grace mugabe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.