Vakbond: Maak Mandela-dag 'n vakansiedag
2012-07-04 19:40
Johannesburg – Mandela-dag, wat op 18 Julie gevier word, moet ‘n openbare vakansiedag wees, het die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu) Woensdag gesê.
Johan Koen, die vakbond se algemene sekretaris, sê die vakbond het aan pres. Jacob Zuma geskryf waarin hy sy saak gestel het oor hoekom die dag ‘n jaarlikse openbare vakansiedag moet word.
Suid-Afrikaners word elke jaar herinner aan die 67 jaar van sy lewe wat [voormalige president] Nelson Mandela gegee het om te veg vir die regte vir die mensdom, gelykheid, geregtigheid en demokrasie wat alle Suid-Afrikaners vandag geniet,” het Koen in ‘n verklaring gesê.
Op 18 Julie, Mandela se verjaardag, is die idee dat mense 67 minute deurbring om ander te help.
Koen sê as dit ‘n openbare vakansiedag is, kan mense meer as 67 minute deurbring om betrokke te raak of ander te help.
“Nelson Mandela is nie net ‘n lewende legende nie, maar hy verteenwoordig die kwaliteite van deernis, vasberadenheid en eenheid waarna ons as ‘n nasie moet streef om ‘n beter Suid-Afrika vir almal te skep.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA