Vakante poste in onderwys vertraag dienslewering

2010-09-27 08:22
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die opdeling van die nasionale departement van onderwys in een vir basiese en een vir hoër onderwys en opleiding het die afgelope jaar tot vakante poste in sekere afdelings gelei wat die pas van dienslewering verstadig het.

Luidens die onderwysjaarverslag van 2009-’10 wat vandeesmaand bekend gemaak is, was van die uitdagings in algemene onderwys ’n onvermoë om begrotings te bestee. Dit het meegebring dat die provinsies die geld op ander prioriteite bestee het.

In sommige provinsies is te min geld vir algemene onderwys toegeken om ander agterstande uit te wis, terwyl hulpbronne wat aan skole voorsien is, nie maksimaal benut is nie.

Luidens die verslag is geen vordering gemaak met die ontwikkeling van finansieringsnorme vir inklusiewe onderwys nie weens kapasiteits- en begrotingsbeperkings.

Teen einde Maart vanjaar was daar 1137 poste in die departement waarvan net 918 gevul was.

Boonop het die departement ook ’n relatief hoë omset van personeel gehad.

Die onvermoë van die departement om geskikte gekwalifiseerde personeel te lok, het boonop tot ’n situasie gelei waar personeel konstant van spesifieke gebiede na ander ontplooi moes word.

Die kapasiteitsprobleem is ook vererger deur die onvermoë om van onderpresteerders ontslae te raak weens ingewikkelde prosedures wat gevolg moet word.

In die departement van hoër onderwys is ook kapasiteitsprobleme waar 57 poste nog gevul moet word.

Die verslag toon dat die departement die afgelope jaar 99,97% van sy begroting bestee het indien die geoormerkte bedrag van R524 miljoen vir werkboeke uitgesluit word. Dié bedrag is eers in November verlede jaar vir die projek opsy gesit.

Die verslag toon dat ondanks kapasiteitsprobleme die departement ook heelwat suksesse behaal het.

Vordering is onder meer met voorsiening van water en sanitasie aan skole gemaak.

Van die 751 skole wat water moes kry, is dié werk by 485 afgehandel. Van die 567 wat sanitasiegeriewe moes kry, is dié werk by 430 voltooi.

Wat die verskaffing van elektrisiteit aan skole betref, het 430 van die 1436 dit gekry sedert Oktober verlede jaar daarmee begin is.

Teen einde Maart vanjaar was daar 1137 poste

in die departement waarvan net 918 gevul was.

- Die Burger

Lees meer oor: onderwys  |  dienslewering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.