'Vader van Orania' begrawe
2011-03-19 15:58
Johannesburg – Die stigter van Orania, Carel Boshoff, is Saterdag in die Noord-Kaap begrawe.
Noord-Kaapse premier Manne Dipico was deel van die rougeselskap, het SABC berig.
Volgens die nasionale uitsaaier het groot getalle inwoners van Orania die begrafnis bygewoon om die man wat hulle die “vader van Orania” noem, vaarwel te roep.
Talle toesprekers het Boshoff geloof vir sy rol in die Orania-gemeenskap.
Boshoff, skoonseun van oud eerste minister Hendrik Verwoerd, sal later in Orania se begraafplaas begrawe word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA