Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Vaardigheidskrisis' kos regering R24 mjd.

2013-01-25 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Agt nasionale departemente het R24,6 miljard oor drie jaar bestee aan konsultante, het die adjunk-ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, Donderdag gesê.

Dít was 74% van die R33,5 miljard wat nasionaal aan konsultante bestee is, het Makwetu aan joernaliste in Pretoria gesê.

"Daar is 'n vaardigheidskrisis. Waar hulle nie vaardighede in die openbare sektor het nie, word die vaardighede uit die privaatsektor gewerf.

"Tot watter mate kry ons waarde uit hulpbronne van die privaatsektor?"

Makwetu het 'n mediakonferensie gehou oor die ouditeur-generaal se prestasie-oudit wat in agt nasionale departemente gedoen is. Hy het ook gekyk na 124 kontrakte met diensverskaffers.

Die departemente van korrektiewe dienste, verdediging, omgewingsake, gesondheid, polisie, landelike ontwikkeling en grondhervorming, vervoer en waterwese is uit 42 nasionale departemente gekies.

Luidens die verkorte oudit-uitkomste het die departement van verdediging R10,4 miljard vanaf 2008/09 tot 2010/11 bestee aan konsultante. Dit was die hoogste van die agt departemente.

Al 27 kontrakte by die departement van korrektiewe dienste, het probleme gehad.

"Die aard van hierdie beduidende tekortkominge is kommerwekkend," het Makwetu gesê.

Die departemente van omgewingsake en waterwese het ook 'n groot aantal swakhede gehad.

Makwetu het gesê die departement van gesondheid was die uitsondering, met suksesse op sommige gebiede. Dié departement het ook die minste aan konsultante bestee.

Die departemente is gekies op grond van die ouditeur-generaal se evaluering van moontlike swakhede in die gebruik van konsultante en bestedingstendense.

"Die besluit is gebaseer op historiese probleme en diegene wat die meeste geld spandeer," het Makwetu gesê.
      
– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: ouditeur-generaal
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Pieter Buys sê... Ek hoop iemand sal die integriteit het(DA) om de verslag te betwis!!!!!!! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.