Vaalrivier glo erg besoedel

2012-02-23 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Huiseienaars by Miljoenêrsdraai (Millionaire’s Bend) is woedend vir die departement van waterwese omdat die Vaalrivier vir 10 km, tot naby die Barragebrug, soos “’n massiewe groen tapyt” lyk weens riool.

Altesaam 300 beeste in die Vrystaat drink glo daagliks dié rioolwater, omdat daar geen ander vars water in die omgewing is nie.

Só het Colin Diab, inwoner van dié welgestelde buurt, vandeesweek in ’n brief aan Marius Keet, senior bestuurder van watergehaltebestuur in die departement van waterwese, geskryf.

Diab skryf in die brief, wat Volksblad onder oë gehad het: “... ek praat namens baie woedende en teleurgestelde eienaars van huise langs die Vaalrivier”.

Van die inwoners meen die Vaalrivier Barrage is nou ’n “tweede Hartbeespoortdam”.

Diab vra aan Keet waarom sy departement nie bewus is van die blou-groen alge wat hul rivier “versmoor” nie? Hy wil ook weet waarom daar nie waarskuwingsborde langs die rivier opgerig word om mense teen die giftige water te waarsku nie.

“Wat doen julle heeldag, terwyl ons Vaalrivier vol rioolafval is so ver as wat die oog kan sien?

“Ons huise se waarde het geval, omdat dit langs ’n rioolrivier staan. Hierdie water – wat hier by ons voorstoepe verbyvloei – is rioolafval, maak nie saak hoeveel verskonings julle uitdink nie.”

Diab skryf ’n ski-kampioenskapstoernooi, waaraan verteenwoordigers van 11 lande deelgeneem het, is verlede naweek in die Vaalrivier gehou en “niemand” het hulle gewaarsku teen die alge in die water nie.

“Is dit nie die departement van waterwese se plig om internasionale deelnemers, wat ons water binnegaan, te waarsku as dit gevaarlik is nie?”

Diab sê almal langs die rivier is ontsteld omdat die watervoëls nou ook geen skoon water het om te drink nie.

“Voëls is nie deur die Almagtige geskape om rioolafval te drink nie.”

Keet het gesê die departement het onmiddellik – nadat hy Diab se brief ontvang het – ’n span uitgestuur om ondersoek in te stel. Die span moet aanstaande week terugvoering gee.

Volgens Keet is daar meer as 22 rioolsuiweringsaanlegte in die opvangsgebied van die Barrage en nie almal funksioneer behoorlik nie.

Oor waarskuwingsborde het Keet gesê dit is nie sy departement se mandaat nie. “Ons waarsku mense op ’n ad hoc-grondslag. Soos die water natuurlik nóú lyk, is dit dodelik om daarin te swem.”

Greg Mulzack, woordvoerder van Rand Water, het gesê dit is ook nie hul mandaat om mense te waarsku om nie die Vaalrivier se water te gebruik nie. Hy het beklemtoon dit ís waterwese se werk.

Diab het gesê só word die rivierbewoners ook van bakboord na stuurboord gestuur en niemand wil verantwoordelikheid vir die gif in die water aanvaar nie.

Diab sê hy meen die Vaalrivier-ekostelsel het nou ’n keerpunt bereik en stel nou selfs gifgasse in die atmosfeer vry.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: vaalrivier  |  waterwese

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.