Vaaldam se walle oorstroom
2010-01-29 13:49
Johannesburg – Twee paaie naby die Vaaldam is gesluit nadat die rivier se walle Vrydag oorstroom het, het ‘n beampte gesê.
Marinus de Wilde, gebiedsbestuurder van die departement van waterwese en bosbou, het gesê ‘n brug bo-oor Kliprivier het ook oorstroom.
Die Generaal Hertzog- en Golfstraat rondom die brug, aan Vereeniging se kant, moes ook gesluit word weens oorstromings, het hy gesê.
“Die brug is heeltemal onder water. Jy kan nie eens die brug sien nie.”
Volgens hom is die 14 sluise by die Vaaldam steeds oop, maar as geen reën binne die volgende 24-uur gaan val nie, sal van die sluise toegemaak word.
Die Vaaldam was Donderdagmiddag 109% vol, die hoogste sedert 1997.
- Sapa