VS-boere verloor tot R80m weens veediefstal

2011-06-30 20:58
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Vrystaatse boere verloor jaarliks ‘n geskatte R80 miljoen weens veediefstal, het Vrystaat Landbou Donderdag aan ‘n oorsigtelike komitee van die regering gesê.

Henk Vermeulen, uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou, het gesê dít impliseer ook ‘n verlies van R11 miljoen rand in BTW vir die staat.

Desondanks het ‘n polisie-afvaardiging wat gevra is om verslag te lewer hieroor voor dieselfde oorsigtelike komitee aangedui dat hulle nog nie in ‘n posisie is om die mees onlangse statistiek oor veediefstal met die publiek te deel nie.

Die polisie-afvaardiging het die komitee gevra om die syfers in kamera aan te hoor en het gevra dat die media gevra word om te gaan, aangesien die minister van polisie, Nathi Mthethwa, nog nie die mees onlangse misdaadstatistiek aangekondig het nie.

Dié versoek is toegestaan.

Vermeulen het vroeër voor die komitee getuig daar word vermoed dat sindikate ‘n “enorme” rol in veediefstal in die provinsie speel.

Die Vrystaat het die grootste verliese – 19 persent – beleef, vergeleke met ander provinsies.

Volgens Vermeulen het dit ‘n negatiewe impak op werksgeleenthede in die provinsie.

Kobus Breytenbach, woordvoerder van Vrystaat Landbou Wet en Orde, het gesê die lae hoeveelheid mense wat vasgetrek en skuldig bevind word aan hierdie misdade, frustreer boere.

“Daar is nie genoeg mense (polisiebeamptes) en voertuie om die werk te doen nie.”

Hy het gesê sommige boere rapporteer ook nie al die veediefstal nie.

Vrystaat Landbou het politici gevra om meer munisipale kampe vir gesteelde- en wegloperdiere op te stel. Sulke kampe is bykans niebestaande in Vrystaatse munisipaliteite.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: vrystaat  |  veediefstal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.