VF+ verwerp Motsepe se idee

2009-12-11 02:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die VF+ verwerp die "belaglike idee" soos verkondig deur Patrice Motsepe dat myne genasionaliseer kan word indien dit goed vir Suid-Afrika sou wees.

"Ons sal graag van Motsepe wil weet in watter omstandighede in die geskiedenis die nasionalisering van myne ooit voordelig vir ‘n land en sy mense was,” het adv. Anton Alberts, VF+ parlementêre woordvoerder oor Mynwese, gesê na aanleiding van Motsepe se uitsprake oor die nasionalisering van myne.

“Dit is eenvoudig roekeloos om sulke stellings te maak en sodoende lug te gee vir die rewolusionêre gedagtes van Julius Malema. Dit kom ironies genoeg nadat Motsepe homself oor en oor verryk het by wyse van die swart bemagtigingsproses ten koste van meeste armes in Suid-Afrika. Dit is ‘n feit dat die swart bemagtigingsproses nog nooit effektief was om armoede te bestry nie en het net sekere politiek-korrekte enkelinge bevoordeel.” het adv. Alberts bygevoeg. 

Volgens Alberts sal Motsepe se voorstel aan die hand van drie toetse gemeet moet word. "Eerstens sal Motsepe gewillig moet wees om toe te kyk hoe sy bates sonder vergoeding genasionaliseer word ten gunste van die armes. Die tweede toets sal wees om te kyk of die verspreiding werklik na die armes gaan afwentel, en die derde toets sal wees om te sorg dat die myne effektief en mededingend bly."

“Ek is bevrees Motsepe en sy ideologiese tydgenote sal nie hierdie drie toetse deurstaan nie. Die geskiedenis tel teen hulle. Mens kry eerder die gevoel hulle soek nog ‘n gaping om die Suid-Afrikaanse ekonomie verder te plunder,” het hy gesê.

Die VF+ het vroeër in  ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag aan die regering weereens die onderneming van die ANC gekry dat hulle nie van plan is om myne te nasionaliseer nie. 

Lees meer oor: myne  |  vf+

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.