VF+ dien haatspraak-klag in teen Malema
2010-03-10 12:10
Kaapstad - Die Leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, dr. Pieter Mulder, gaan Woensdag ‘n formele kriminele klag teen Julius Malema, ANCYL-leier, lê.
Dit kom nadat Malema glo Dinsdagaand die slagspreuk “Kill the boer, kill the farmer” by ‘n studentevergadering in Johannesburg gebruik het.
“Die gebruik van die slagspreuk is ook ‘n oortreding van artikel 16(2)(c) van die grondwet. Vryheid van spraak sluit juis nie verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is wat aanhitsing om leed te veroorsaak uitmaak in nie en is reeds deur die howe verklaar as haatspraak,” het Mulder gesê.