VF+: Zuma word deur onbevoegdheid mislei
2009-08-18 14:23
Kaapstad – Die Vryheidsfront Plus (VF+) glo pres. Jacob Zuma word deur die onbevoegdheid van die regeringsbeamptes mislei om te glo dat die gewillige-koper/-verkoper beginsel grondhervorming vertraag.
“Die werklike probleem is die onbevoegdheid van beamptes wat die administratiewe proses vir kopers en verkopers vertraag,” het Pieter Groenewald, LP van die VF+, in ‘n verklaring gesê.
Zuma het gesê die regering soek ‘n meer pragmatiese formule vir die verspreiding van grond en sal met besluite vorentoe kan bewees as drastiese veranderinge gemaak word in die “gewillige-koper/-verkoper model”.
Groenewald het gesê daar is meer as genoeg land wat teen ‘n bekostigbare prys te koop is.
“Weens die adminstratiewe onbevoegdheid van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming kon transaksies nog nie gefinaliseer word nie.”
Om te verseker dat grondhervorming ‘n sukses is, moet die regering eers die grond wat tans nie gebruik word nie, versprei word.
Daarna moet daar behoorlike beheer oor bestaande gronhervormingsprojekte wees.
Byna die helfte van die landbou en grondhervormingsprojekte het misluk.
– Sapa