Universiteite word fabrieke – Jansen

2010-09-11 15:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Universiteite het “fabrieke” geword wat “klaargemaakte produkte” produseer, sê prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

Jansen het die jaarlikse N.P. Van Wyk Louw-gedenklesing Donderdagaand by die Universiteit van Johannesburg gelewer en gepraat oor die veranderde rol van intellektuele by universiteite.

“Daar is ’n stille revolusie aan die broei in ons universiteite sedert die vroeë 1990’s. ’n Revolusie wat die aard van hoër onderwys en die vooruitsigte van demokrasie verander het.”

Hierdie “revolusie” het volgens Jansen daartoe gelei dat studente nie meer vrae vra nie, hulle net gaan studeer om later finansieel te kan oorleef, die universiteite hul toespits daarop om meer studente te kry eerder as om op individue se onderrig te fokus.

Die revolusie het ook beteken dat universiteite niks minder as fabrieke geword het nie en dat dit deesdae net die “speelgrond” vir voormalige parlementêre politici geword het.

Dit is nie waaroor dit by ’n universiteit behoort te gaan nie. “Soveel as wat dit universiteite se plig is om die waarheid te praat, so ook is dit hul plig om oplossings vir probleme te vind.”

Hy het verwys na die “wiele wat afgekom het” ná 1994 en verwys na korrupsie, skandale, diefstal, omkopery en dat pres. Thabo Mbeki deur “woedende lede van sy eie party” verwyder is. “As jy in Afrika die koning eet, bly jy honger,” het Jansen gesê.

Hy sê dié slegte gedrag ná 1994 is glad nie iets nuuts nie. “Inteendeel, dit is net ’n voortsetting van die slegte gedrag van die verlede. Ons spoke kom terug om by ons te kom spook,” sê Jansen.

- Volksblad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.