Universiteite ‘kort taalbegroting’

2010-08-30 08:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die departement van hoër onderwys en opleiding se begroting maak nie voorsiening vir geld vir veeltaligheid aan universiteite nie en daarom behoort dit hersien te word.

So het  Mahlubi Mabizela, direkteur van beleid en ontwikkeling in dié departement, die afgelope naweek op ’n konferensie van die Afrikaanse Taalraad (ATR) gesê.

Mabizela is afgevaardig om dié konferensie by te woon nadat dr. Blade Nzimande en John Pampalis, sy adviseur, dit nie kon doen nie.

Mabizela het gesê Nzimande het onlangs ’n taakspan aangewys om te kyk na die gebruik, beskerming en ontwikkeling van inheemse tale by universiteite.

Hy het gesê die departement erken Afrikaans as hoër onderwystaal asook vir die belangrike rol wat dit speel.

Hy het gesê hoewel Afrikaans die afgelope jare miskien “agter geraak het”, word dit steeds by universiteite gebruik en geniet dit steeds aansienlike beskerming.

Mabizela het gesê Afrikaans kan nie in isolasie behandel word nie en die breë strategie is om alle inheemse Afrika-tale te ontwikkel.

Hy het gesê mense hoef ook nie skaam te wees as hulle vir die behoud van Afrikaans vra nie.

Daar is volgens hom heelwat lesse wat geleer kan word uit hoe Afrikaans tot wetenskaps- en onderrigtaal ontwikkel is.

Om Afrikaans te onderhou, sê hy, moet nie net die taak van enkele instellings wees nie, maar van almal. “Al ons tale moet as tale van studie en navorsing ontwikkel word. Vir party gaan dit langer neem as vir ander, maar dit is bemoedigend dat sommige instellings reeds een of twee aangeneem het om te ontwikkel.”

Mabizela het ook na wetgewing verwys wat gelyke status aan alle landstale gee asook individue se reg om in enige amptelike taal onderrig te kry, mits dit prakties moontlik is.

Oor Engels het hy gesê dié taal is in baie gevalle ’n struikelblok en nie altyd, soos vroeër gedink is, ’n manier om toegang te fasiliteer nie. “Daar is studies wat bewys kinders verstaan nie Engels wanneer hulle formeel begin skoolgaan nie.”

Prof. Russel Botman, rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), het gesê almal moet besef die toekoms is multikultureel en meertalig.

Volgens hom wil die US ’n “ubuntu van tale vestig”.

Hy meen dat studente wat meertalig is, aantrekliker vir potensiële werknemers is, meer kreatief kan wees en tot innovasie bydra.

Prof. Niek Grové, registrateur van die Universiteit van Pretoria (UP), het verwys na die nuwe taalplan wat die universiteit pas aanvaar het waarin gepoog gaan word om kernprogramme in Afrikaans en Engels aan te bied. Hy het beklemtoon dat universiteite nie sonder staatshulp die koste van veeltaligheid sal kan dra nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: onderwys

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.