Universiteite 8% tot 11% duurder

2011-01-15 09:48
Tweets Share Share line Print

Studiegeld aan universiteite het vanjaar met tussen 8% en 11% gestyg en ouers wie se kinders ook van universiteits­behuising gebruik gaan maak, gaan die hand diep in die sak moet steek.

Navrae aan die Universiteit van Pretoria (UP), Johannesburg (UJ), Noordwes (NWU), die Vrystaat (UV), Stellenbosch (US) en Wits het getoon stygende klasgeld, werkloosheid en ekonomiese toestande dra toenemend daartoe by dat al hoe meer voornemende studente om beurse aansoek doen.

Die gemiddelde stygings by die onderskeie instellings was: UP 8%, UJ 9,8%, US 11%, UV 8,9%, NWU 9% op die Puk-kampus en 9,5% op die Mafikeng-kampus en Wits tussen 8% en 10%.

Koste vir verskillende graadkursusse wissel van universiteit tot universiteit en hang onder meer af van hoe kursusse saamgestel is. Benewens studiegeld moet studente ook voorsiening maak vir aansoek- en registrasiegeld en deposito’s.

Wat verblyf in koshuise betref, verskil dit ook van instelling tot instelling.

By die UJ kos dit gemiddeld tussen R14 600 en R15 330 vir enkelkamers per jaar in ’n koshuis, etes uitgesluit.

By die UP is dit gemiddeld R19 500, by die US is dit R24 010 vir ’n enkelkamer vir mans en R23 450 vir vroue. Dubbelkamers hier kos R19 730 per jaar. Etes is uitgesluit, maar dit kan na gelang van ’n student se behoefte gereël word. ’n Maksimum etepakket van R11 400, wat drie etes per dag sewe dae per week insluit, is beskikbaar.

Koshuisverblyf by die UV is gemiddeld R13 100 per jaar, by Wits is selfbedieningsgeriewe R22 500 per jaar, terwyl koshuise met alle etes sowat R31 900 per jaar beloop.

By die NWU is koshuisverblyf op die Puk-kampus gemiddeld R12 320 per jaar, op die Mafikeng-kampus R11 350 en op die Vaaldriehoek-kampus R12 585.

Die onderskeie instellings se inkomste uit studiegeld is: UP R977 miljoen, UJ R777 miljoen, US R473 miljoen, UV R335 miljoen, NWU R533 miljoen en Wits R700 miljoen.


- Beeld

Lees meer oor: klasgelde  |  universiteite

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.