Unies bult hul staakspiere

2010-08-07 08:01
Tweets Share Share line Print

Beeld

Voldoen aan ons eise of dienslewering sál tot stilstand kom.

Staatsdiensvakbonde het gister met dié reguit boodskap aan die regering hul spiere gebult en bekend gemaak ’n “totale sluiting” in die staatsdiens gaan Dinsdag geld.

Cosatu en die onafhanklike arbeidskoukus (ILC) het op ’n mediakonferensie in Centurion gesê meer as 1,3 miljoen staatsamptenare kan Dinsdag landwyd staak.

“Pretoria en Kaapstad sal tot stilstand kom. Ons sal seker maak daarvan,” het mnr. Mugwena Maluleke, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), namens die vakbonde in die Cosatu-stal gewaarsku.

Vakbonde het die regering se jongste aanbod, wat ’n 7%-salarisverhoging insluit, gister eenparig van die hand gewys.

Die regering sal Dinsdag in ’n memorandum gevra word om binne 24 uur aan vakbonde se eise te voldoen. Gebeur dit nie, is ’n onbepaalde staking onafwendbaar.
Vakbonde eis onder meer ’n 8,6%- salarisverhoging en ’n verhoogde huissubsidie van R1 000 terugwerkend van 1 April.

Stakende staatsamptenare sal Dinsdag aan optogte in Pretoria en Kaapstad deelneem.

Cosatu het voorts gewaarsku hy kan nie waarborg sy lede wat noodsaaklike dienste verrig, gaan vir werk opdaag nie. Dit beteken noodsaaklike dienste soos die polisie, korrektiewe dienste, die weermag, hospitale en howe kan ontwrig word.

Dr. Norman Mabasa, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV), het gister gesê hy weet nie of staatsdokters en -verpleegsters sal staak nie, berig Antoinette Pienaar. “As hulle staak, sal dit ’n ‘wild cat’ (onbeskermde)-optrede wees.”

Mabasa is bekommerd dat ondersteuningspersoneel, soos skoonmakers en portiere, se stakings “reeds oorwerkte” dokters en verpleegsters se werk sal ontwrig.

Mnr. Chris Klopper, voorsitter van die ILC en uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gesê vakbonde kan nie daarvan beskuldig word dat hulle onverantwoordelik optree nie.

“Skole is betyds in kennis gestel en onderwysers kan nie verkwalik word omdat hulle hul reg (om te staak) uitoefen nie.”

Klopper het gesê vakbonde het al op 9 Junie ’n dispuut verklaar.

“Ons kon toe begin staak het, maar wou nie die situasie tydens WB 2010 uitbuit nie. Die regering het ons verdraagsaamheid uitgebuit.”

Maluleke het gesê nét die regering kan nou ’n herhaling van 2007 se staatsdiensstaking – die grootste in die land se geskiedenis – voorkom.

Mnr. Richard Baloyi, minister van staatsdiens en administrasie, het by monde van mnr. Dumisani Nkwamba, sy woordvoerder, gesê vakbonde moet aanvaar die jongste aanbod is “regverdig, billik en finaal”.

“Daar sal nie nog ’n aanbod wees nie.”

Nkwamba het gesê dienslewering sal na verwagting “aansienlik” ontwrig word.

“Ons het gebeurlikheidsplanne en sal tydelike kontrakwerkers inspan waar die grootste nood ervaar word. Ons sal die ontwrigting egter net in ’n mate kan beperk.”

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: vakbonde  |  vakbond staking  |  stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.