Uitspraak in Lindley-moordverhoor verwag
2011-06-15 12:04
Bloemfontein – Uitspraak sal na verwagting Woensdag gelewer word in die moordverhoor van ses mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n gesin op hul plaas in Lindley vermoor het.
Die ses mans word daarvan beskuldig dat hulle Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul tweejarige dogter, Wilmien, in Desember verlede jaar vermoor het.
Hulle staan tereg op drie aanklagte van moord, een van roof met verswarende omstandighede en aanklagte wat verband hou met die onwettige besit van vuurwapens. Al die beskuldigdes het onskuldig gepleit op dié aanklagte.
Die staat voer aan dat drie plaaswerkers vorendag gekom het met die komplot. Hy het verder gesê die trio het die hulp van die drie ander beskuldigdes bekom om hul vuilwerk te doen.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter