Uitreik van vervalste rybewyse 'is moord'

2011-10-21 09:47
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Mense wat vervalste of onwettige rybewyse uitreik, maak hulle skuldig aan moord, want hulle laat motoriste wat nie kan bestuur nie op die land se paaie toe.

So het S’bu Ndebele, minister van vervoer, Donderdag op ’n mediakonferensie in Johannesburg gesê.

Ndebele, Ismail Vadi, LUR vir paaie en vervoer, en Tshidi Mfikoe, burgemeesters­komiteelid vir openbare veiligheid, het gesê die probleem gaan op alle vlakke van die regering getakel word.

“Daar is twee soorte rybewyse wat uitgereik word. Die een is ’n vervalsing wat nie op die eNaTIS-stelsel geregistreer is nie en word gewoonlik by sommige bestuurskole gekoop.

Die ander is ’n ‘wettige’ rybewys wat by ’n beampte van ’n rybewystoetssentrum gekoop word en wat wel op die eNaTIS-stelsel geregistreer is,” het Ndebele gesê.

Volgens Vadi het die departement van paaie en vervoer in Gauteng reeds 2 373 rybewyse en professionele bestuurspermitte gekanselleer ná 12 oudits van toetsdokumente en 36 inspeksies van toetssentrums deur die departement van gemeenskapsveiligheid.

Ndebele het gesê 250 000 voertuie gaan elke maand voorgekeer word om rybewyse na te gaan.

“Ons gaan wetstoepassing verskerp om te verseker dat dié probleem landwyd stopgesit word.”

Vadi het gesê die departemente is bewus dat sommige van hul beamptes betrokke is by die onwettige uitreiking van rybewyse.

“Indien ’n wettige rybewys op ’n onwettige manier uitgereik is, is dit deur die hande van een van ons eie.

“Dit is ’n verleentheid en ’n ernstige uitdaging vir ons departemente.”

Vadi het gesê die Valke, onder leiding van genl.maj. Shadrack Sibiya, is besig met ’n intensiewe ondersoek.

“Die Valke en die polisie ondersoek 178 sake in verband met die uitreiking van onwettige rybewyse by toetssentrums, deur verkeersbeamptes en by bestuurskole.

Van dié is 61 direk verbind met lisensietoetssentrums en voertuigtoetssentrums.”

Volgens Vadi is daar bestuurskole wat adverteer: “Rybewyse binne sewe dae gewaarborg.”

“Dit dui aan daar is iets onheilspellend aan die gang.”

Intussen worstel die departement met ’n agterstand van 495 000 aansoeke om rybewyse.

Ndebele het gesê ’n landwye program om leerlinge te leer bestuur gaan van stapel gestuur word om sodoende verdere agterstand te keer.

“Skoolkinders sal die geleentheid gebied word om by skole te leer bestuur.”

Vadi het gesê so ’n stelsel is reeds in Gauteng in werking.

’n 24-uur inbellyn is begin waar mense rybewysbedrog kan aanmeld. Dié nommer is 0800 701 701.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: padveiligheid  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.