Uitlek van vraestelle ondersoek
2009-10-22 14:04
Durban – KwaZulu-Natal se departement van onderwys en die polisie ondersoek tans beweringe dat matriekvraestelle in sekere dele van die provinsie uitgelek het.
Volgens Senzo Mchunu, Noord-Kaapse minister van onderwys, het hulle inligting ontvang dat daar toetse in die provinsie gelek is.
“Die polisie is tans besig met ‘n ondersoek en ons is in noue samewerking met hulle.”
Drie mense van Mpumalanga sal in Nelspruit se landdroshof verskyn nadat matriekvraestelle vir 2009 in hul besit gevind is.
Twee mariekleerders en ‘n onderwyser was na bewering met vraestelle vir Wiskunde 1 en 2, Natuur en Skeikunde 1 en 2 asook vir Rekeningkunde, in hul besit gevind.
Mchunu het gesê ten spyte van die beweringe dat vraestelle uitgelek het, gaan die eksamen in KwaZulu-Natal steeds voort soos beplan.
“Die departement van onderwys in KwaZulu-Natal is nou gereed om die eindeksamens in alle grade te beheer, veral gr. 12,” het Mchunu gesê.
- Sapa