Uitlek van opnames aan Zuma bly geheim

2011-09-23 08:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Dit lyk of Suid-Afrikaners nooit gaan uitvind hoe pres. Jacob Zuma se regspan ’n stel geheime bandopnames bekom het wat deurslaggewend was in die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se besluit om hom nie verder te vervolg nie.

Die Burger het op goeie gesag verneem die inspekteur-generaal van intelligensie se ondersoek na die uitlek van dié bandopnames aan Michael Hulley, Zuma se prokureur, is teen einde 2009 afgehandel en niemand gaan vervolg word nie.

“Die hoofstuk is afgesluit,” het ’n ingeligte Donderdag bevestig.

Dit is duister hoe Hulley die bandopnames van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) bekom het. Daar is destyds beweer dit is onwettig bekom.

Hulley het sedert April 2009 – toe die NVG besluit het om Zuma nie verder te vervolg nie – hom op die privilegie tussen prokureur en ­kliënt beroep toe hy oor die oorsprong daarvan uitgevra is.

Zolile Ngcakani, voormalige inspekteur-generaal van intelligensie, het die ondersoekverslag op 30 Desember 2009 aan die parlement se gesamentlike staande komitee oor intelligensie (JSCI) voorgelê.

Luidens die JSCI se verslag vir die boekjaar 2009-’10 wat Donderdag in die parlement ter tafel gelê is, sou dié komitee weer ’n voorlegging oor die ondersoek ontvang het.

Die Burger het egter by verdere navraag uitgevind geen haan het daarna gekraai nie.

Die inhoud van die ondersoekverslag sal waarskynlik nooit bekend gemaak word nie, want die JSCI kan inligting net uitreik ná konsultasie met die staatshoof, wat moet besluit of dit nasionale veiligheid in gevaar stel.

Intussen toon die JSCI se jongste jaarverslag byna R5 miljoen is verkwis op ’n kommissie wat Ronnie Kasrils, oudminister van intelligensie, in 2006 aangestel het om ondersoek in te stel na die hersiening van die land se intelligensieregime. Kasrils het die kommissie se verslag eers in Augustus 2008 ontvang – dit was tóé reeds ’n jaar laat.

Kasrils het egter versuim om die hersieningsverslag aan die JSCI voor te lê en hy het in September 2008 uit die kabinet bedank nadat oudpres. Thabo Mbeki herroep is.

Dr. Siyabonga Cwele, Kasrils se opvolger, het die JSCI later ingelig dié verslag “het geen status in die kabinet nie”. Die vyf mense wat in die kommissie gedien het, onder wie dr. Frene Ginwala, gewese speaker van die parlement, het altesaam R4,9 miljoen ontvang.

Dit blyk voorts uit die JSCI-jaarverslag die intelligensiedienste het van 2006 tot Februarie 2010 minstens drie miljoen selfoon- en landlynoproepe onderskep ingevolge die Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting (Rica).

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Mens kan dit amper nie glo nie--dink hierdie varkies ons gaan nooit iets daaraan doen nie? Ek is lankal lus om iemand te piets. As jy ook lus is om iemand hard te piets, klik op die thumbs up hieronder. As daar meer as 50 is, sal ek 'n openbare vergadering reel sodat ons wat saamdink, kan saamkom, om saam te doen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.