Uitkoms kom dalk vir Pelonomi

2011-03-02 09:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Lewensbelangrike toerusting en broodnodige beddens vir die sukkelende Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein kan moontlik in die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Fezi Ngubentombi, se begrotingsrede vervat word.

Ngubentombi het Maandagaand omstreeks 23:00 dié hospitaal onverwags besoek om onder meer die toestand hier te ondersoek en na dokters en verpleegsters se probleme te luister.

Sy het hier aan Volksblad gesê die besoek is tydig, want nou weet sy voor haar begrotingsrede wat die hospitaal nodig het.

Ngubentombi sal haar begrotingsrede na verwagting einde vandeesmaand op Heilbron lewer.

Hospitaalpersoneel was oningelig oor haar besoek en sy het minstens een werker onkant betrap.

’n Opnameklerk wat ’n uiltjie aan diens geknip het, is Maandagaand uitgevang.

Volgens die LUR was die klerk “vas aan die slaap” toe sy daar aankom.

Ngubentombi het die nuwe uitvoerende hoof van Pelonomi, dr. Joe Khoali, opdrag gegee om tustappe teen die klerk te doen en aan haar daaroor verslag te doen.

Pogisho Phepheng, die klerk, het later aan Volksblad gesê hulle is slegs twee klerke wat Maandagaand aan diens was. Volgens hom het nie een van hulle toe geslaap nie.

Volgens Ngubentombi sukkel die hospitaal ook met ’n verpleegstertekort. Sy het beloof verpleegsterposte sal geadverteer word.

Ook Khoali het personeeltekort as een Pelonomi se probleme uitgewys.

Dr. Julia van der Westhuizen wat in dié hospitaal se ortopedie-eenheid aan diens was, sê sommige pasiënte wag ’n dag of twee of selfs tot drie weke om operasies te ondergaan.

Die baie noodoperasies kry voorkeur en boonop het die hospitaal te min werkende teaters.

Toe die LUR die hospitaal binnekom, het ’n ry mense gewag om ’n dokter te spreek. Sommige pasiënte het selfs op houtbanke in die hospitaal geslaap.

Nobakunjani Ganta van Phahameng, Bloemfontein, wat gebroke Engels gepraat het, het ’n diep wond aan haar linkerhand gehad.

Sy het ure lank gewag voordat sy uiteindelik ná middernag na ’n spreekkamer gebring is.

Sy het in ’n spruit tussen Bochabela en Batho geval en is vermoedelik deur gebreekte glas gesny.

Ganta het die wond met ’n lap toegedraai en die LUR het verpleegsters gevra om dit te verbind om moontlike infeksie te voorkom.

Mense hier was moeg gewag en gefrustreerd en het gesê hulle is ontevrede met Pelonomi se diens.

Ngubentombi het gesê voorkeur word aan noodgevalle gegee en dus word vinniger na sommige pasiënte as ander omgesien.

Ander mense het gesê die hospitaal se diens het baie verbeter.

Klein Precious Khomojong (6) van Koffiefontein ly aan brosbeensiekte (Osteogenesis imperfecta) en was Maandagaand saam haar ouers, Elias en Miemie, in Pelonomi nadat sy haar linkerbobeen in ’n speletjie gebreek het.

Die ouers sê hulle moes al verskeie kere hul kind na dié hospitaal bring.

In die verlede het hulle al 17:00 by Pelonomi opgedaag en kon eers 06:00 die volgende oggend huis toe gaan. Nou word hulle vinniger gehelp. Veiligheidswagte was sigbaar op Pelonomi se terrein.

Vier het by die ingang waggehou en ander het met flitsligte die hospitaalperseel gepatrolleer.

Veiligheid hier is erg gekritiseer nadat ’n vroulike dokterl in Oktober verlede jaar in die vroeë oggendure hier verkrag is.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.