Uitkenningsparade beplan vir rugby-verkragtingsaak
2011-04-19 10:59
Kaapstad – Die borgtogaansoek van 'n 24-jarige Uruguayse rugbyspeler en 'n 40-jarige Argentyse ondersteuner word Dinsdagoggend in die landdroshof in Kaapstad voortgesit.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle 'n 29-jarige vrou oor die naweek by 'n hotel in Seepunt verkrag het.
Die twee is op 'n klubrugbytoer in Suid-Afrika.
'n Uitkenningsparade sal Donderdag gehou word om nog twee verdagtes te identifiseer.
Die ondersoekbeampte, Mzukizi Tswina, het vroeër getuig dat drie mans beurte gemaak het om die klaagster te verkrag en dat 'n vierde haar gesodomiseer het.
Tswina sal Dinsdagoggend onder kruisverhoor geneem word. Die prokureur vir die verdediging, Gary Jansen, sê die beskuldigdes gaan onskuldig pleit.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter