Uitgevang! Wreedheid op kamera

2011-05-02 07:56
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Polisielede is op kringtelevisie vasgelê terwyl hulle ’n Pretoriase man verskeie kere in die maag geskop, in die gesig geslaan en op sy kop getrap het.

Ná dié aanranding op Theuns Potgieter (33) van Silverton, Pretoria, is hy in hegtenis geneem weens die besit van ’n ongelisensieërde vuurwapen, die rig van ’n vuurwapen en verset teen inhegtenisneming.

Dit is die derde onlangse voorval van polisie-wreedheid nadat Andries Tatane (34) en Jeanette Odendaal (45) weens polisie-optrede dood is.

Potgieter en sy vriend, Hendrik Grobler (35), het voorverlede Donderdag omstreeks 21:00 na ’n vulstasie in Gezina in die Pretoriase Moot, wat deurnag oop, gegaan is om bande te herstel.

Grobler se motor het vroeër die dag twee pap bande gekry.

Potgieter se vuurwapen was agter by sy rug in sy broek ingesteek. Hy het nie sy vuurwapenlisensie by hom gehad nie.

Op die kringtelevisiemateriaal kan ’n mens sien hoe twee mans in siviele drag in ’n wit BMW by ’n petrolpomp stilhou. Kort daarna hou ’n polisievoertuig stil. ’n Polisieman praat met die twee mans in die BMW.

“Ons het met ’n ou gestaan en gesels toe daar die volgende oomblik ’n klomp polisiemanne met vuurwapens op ons toesak,” het Potgieter gesê. “Nog voordat hulle my gevra het, het ek my vuurwapen uitgehaal en op die voertuig se masjienkap gesit. Die polisie het gesê ons moet gaan lê. Ek het my arms opgetel en gaan lê.”

Op die kringtelevisiemateriaal kan ’n mens sien hoe een van die mans in die BMW na Potgieter loop en hom ’n paar keer in die maag skop.

Die man in siviele drag trap op Potgieter se kop en slaan hom met die vuis in die gesig voordat hy hom weer in die maag skop. Tussendeur het ’n polisieman in uniform Potgieter ook geskop.

Nadat Potgieter geboei is, is hy na die Pretoria-Moot-polisiekantoor geneem. Hy is Vrydagmiddag hospitaal toe geneem nadat hy bloed opgegooi het. Hy is Saterdagmiddag ontslaan en het in die selle gebly totdat hy Dinsdag in die Pretoriase landdroshof op borgtog van R2000 vrygelaat is.

Intussen is bevestig hy het wel ’n vuurwapenlisensie.

Kol. Neville Malila, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê dié saak word in ernstige lig beskou en sal intern ondersoek word, “want sulke beweerde gedrag deur polisielede kan nie geduld word nie”.

 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.