UV ontvang internasionale toekenning

2011-01-10 06:52
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het ’n internasionale toekenning ontvang.

Die Wêrelduniversiteite-forum (WUF) het die toekenning vir beste praktyk in hoër onderwys vir 2010 aan die UV gedoen.

Volgens Lacea Loader, woordvoerder van die UV, word die toekenning gedoen aan ’n universiteit wat gedurende ’n jaar beduidende maatreëls ingestel het om die instelling te verbeter.

Volgens Loader het die WUF onder meer die volgende uitgelig as redes waarom die UV die toekenning vanjaar gewen het:

    * Rasse-integrasie op die UV-kampusse.
    * Die herbeklemtoning van ’n akademiese kultuur.
    * Die vise-kanselier se prestige studenteprogram om belowende studente te behou.
    * Die F1-program van die UV wat 71 studente na top- Amerikaanse universiteite stuur.
    * Die hersiening van die voorgraadse kurrikulum om ’n multidissiplinêre aanslag te volg in die benadering van sleutel- maatskaplike probleme.
    * Die verhoging van toelatingsvereistes.
    * Die toeganklikheid van die rektor, prof. Jonathan Jansen, vir studenteleiers, bestuur, personeel en studente.
    * Die bevordering van ’n gees van gesprekvoering deur die internasionale adviesraad van die UV, wat uit sleutelrolspelers en denkers bestaan.

Die ondersteuning van die UV aan 20 erg disfunksionele skole in die Vrystaat, wat die kans verhoog vir swart studente om aan die UV te studeer, is ook uitgewys.

Die WUF het hierdie program as die mees innoverende aangewys.

“Die UV word deur dié prestige toekenning nederig aangemoedig tot hoër hoogtes. Dit is ’n erkenning vir akademiese uitnemendheid en institusionele transformasie.”

Die WUF het in ’n verklaring gesê die UV word beloon vir die wyse waarop die instelling rasseharmonie, studente-sukses en ’n lewendige akademiese kultuur aanmoedig.

Die toekenning word op die WUF se byeenkoms op 14 tot 16 Januarie in Hongkong oorhandig.

Jansen sal nie self daar wees om die toekenning te ontvang nie, maar sal ’n aanvaardingsboodskap stuur wat voorgelees sal word.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.