UV-dramastudent verongeluk

2010-08-28 13:16
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - 'n Talentvolle jong akteur en Kovsie-student het vandeesweek in die Noord-Kaap verongeluk.

Heinrich Keogh, ’n student van die departement drama en teaterkuns aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), was Woensdagmiddag omstreeks 05:30 in ’n motorongeluk. Keogh was blykbaar saam met sy vriendin, mej. Ilne Fourie, op pad na Calvinia, waar sy haar gewilde verhoogstuk Impi sou opvoer.

Volgens De Beer Cloete, ’n dosent aan die fakulteit, het Keogh se motor van die pad af gery. Toe die motor die gruis aan die kant van die pad tref, het Keogh probeer om die motor weer op die pad te kry.

Hy het beheer verloor en die motor het verskeie kere gerol. Keogh is noodlottig beseer en Fourie het net ligte beserings opgedoen.

Prof. Nico Luwes, hoof van die departement drama en teaterkuns, beskryf Keogh as “’n baie gawe outjie”. Hy was veral gewild vir sy rol as Boer Manie in die verhoogstukke Boer Manie se melk word suur en Boer Manie en die basaar, albei deur Fourie geskryf.

Hy is oorspronklik van Bothaville, maar het in 2004 aan die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein gematrikuleer.

Fourie was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie en volgens Luwes is sy erg getraumatiseer deur die ongeluk en dood van haar vriend.

Keogh se Facebook-bladsy is oorstroom deur boodskappe van vriende wat ook erg geskok is deur sy dood.

Die lykskouing is gisteroggend afgehandel en sy lyk is na Bothaville gebring.

Volgens voorlopige begrafnisreëlings sal hy Donderdag op die dorp begrawe word.

Die presiese tyd en kerk waar sy begrafnis sal plaasvind, is nog nie beskikbaar nie.

Volksblad kon nie gister kommentaar van Keogh se familie kry nie. Die Noord-Kaapse polisie het ook nie enige inligting oor die ongeluk gehad nie.

Lees meer oor: padongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.