UK-student val na sy dood
2011-11-25 23:00
Kaapstad – ‘n Student aan die Universiteit van Kaapstad (UK) is opslag dood nadat hy vanuit sy kamervenster op die sesde vloer na sy dood geval het.
‘n Woordvoerder van die universiteit, Gerda
Kruger, sê dit wil voorkom asof die derdejaar-student gedisoriënteerd was weens ‘n mediese kondisie waaraan hy gelei het.
“Die student het akademies goed presteer.
“Ons het geen rede om te glo dat hy met opset
uit die venster gespring het nie,” het Kruger gesê.
“Ons is in kontak met sy familie en bied hulle
soveel as moontlik ondersteuning.
“Ons werk ook nou saam met die polisie in hul
ondersoek,” het Kruger bygevoeg.
Volgens Kruger sal die universiteit ook hul
eie, onafhanklike ondersoek van stapel stuur.
Verlede week het ‘n eerstejaarstudent
klaarblyklik in sy kamer selfmoord gepleeg.
Vroeër die maand het ‘n 20-jarige UCT-student,
Jaqueling Hart-Davies ernstige beserings opgedoen toe sy uit ‘n venster op die
vyfde verdieping van haar koshuis val.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA