Tyd vir suip en slaap is verby, sê Jansen

2010-01-30 10:53
Tweets Share Share line Print

Gert Coetzee

Bloemfontein-Die volgehoue werwing van die beste professore in en van buite die land vir die Universiteit van die Vrystaat (UV), infasering van verpligte klasbywoning en die verpligte publiseer van navorsingswerk deur akademiese personeel.

Dié voorneme is onder die agt voorkeure vir 2010 wat prof. Jonathan Jansen, rektor, gister in sy openingstoespraak uitgestippel het in sy visie om die UV tot die voorste universiteit in die land te ontwikkel.

Nog ’n voorkeur is die aandrang dat buite-agentskappe die diensvoorwaardes van hul UV-werkers verbeter deur hul minimum vergoedingsvlak drasties te verhoog. As dit nie gebeur nie, sal dié agentskappe se tenders nie hernu word nie.

Die UV-personeel en ander belanghebbendes was geesdriftig oor Jansen se mededeling dat 2010 “die jaar is waarin die UV gaan verander”.

Hy het “goeie nuus” voorgehou wat wys dit gebeur reeds. Dit sluit in dat die UV van die “beste professore in die land” gelok het (in reaksie op advertensies vir 25 bykomende professorale poste wat hy verlede jaar aangekondig het). Die kies van suksesvolle kandidate geskied in die volgende twee weke.

Volgens Jansen het hy ook die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, per brief meegedeel die UV is nou die mees geïntegreerde universiteit in die land.

Hy het die voorbeeld voorgehou van die vrouekoshuis Welwitschia, waar verlede jaar net swart studente gebly het.

Toe hy die koshuis weer vanjaar besoek het, was dit ten volle geïntegreer.

Swart en wit bly saam.

Voorts het die meeste UV-koshuise al die 50/50-peil vir integrasie van eerstejaars bereik, die meeste huiskomitees is geïntegreer, en van die beste atlete en hokkiespelers in die land het hulle vanjaar as eerstejaarstudente ingeskryf.

Jansen hoop dit is reeds volgende jaar onnodig om ’n “integrasie-telling” te hou en dat die gemeenskaplike belewenis van “menswees” al is wat saak maak.

Hy het ook ’n modelplan voorgehou van ’n UV waar onder meer geen student ’n klas misloop nie danksy voortreflike onderrig in die klaskamer, en alle senior studente diep agting toon vir eerstejaarstudente in die 23 koshuise.

Oor sy voorkeur vir hoër gehalte-onderrig deur verpligte klasbywoning, het hy gesê die tyd dat studente “suip en laat slaap” is verby. “Die adres daarvoor is Potchefstroom.”

Klasbywoning sal outomaties verbeter as dié drink- en slaap-gewoonte uitgeroei is.

- Die Burger

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.