Twitter help vrou wat met selfmoord dreig

2011-07-31 11:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Suid-Afrika se Twitter-gemeenskap het Vrydagaand ’n soekmag van ­sowat 2 000 mense gemobiliseer om die ma van twee seuns op te spoor nadat sy gedreig het om selfmoord te pleeg.

Die vrou van KwaZulu-Natal, wat as @innov8ive getwiet het, het in haar heel eerste boodskap Vrydag 22:00 op Twitter gevra hoeveel ’n mens moet drink om die moed bymekaar te skraap om ’n slagaar oop te sny.

Later het haar twiets al hoe meer desperaat geraak en ’n prentjie van liefdes­teleurstellings, diepe verlies en eensaamheid geskets.

Sy het geskryf: “As jy die ma van jou kinders haat, maak haar seer, los haar, breek haar af, neem hulle van haar weg en isoleer haar. Vat alles weg wat sy liefhet.”

Besorgde “twitterati” het haar dadelik met boodskappe probeer bemoedig.

Kort voor lank was daar ook versoeke dat enigiemand wat haar kan help opspoor, hulp moet verskaf.

Een van dié mense wat haar probeer help het, Harry Dennen, ’n kopieskrywer van Durban, het Saterdag vertel hoe hulle te werk gegaan het.

Nadat hy van haar situasie bewus geraak het, het hy ander Twitter-gebruikers gevra hoe hy kan help.

Iemand het hom laat weet ­@innov8ive is, volgens die program, in Kingsburgh, naby Amanzimtoti.

Sy huismaat, Rob van der Westhuizen, ken die omgewing goed en die twee is met ’n motor soontoe om haar op te spoor.

“Terwyl Rob bestuur het, het ek Netcare 911 gebel en hulle het goed gereageer. Die eerste adres wat ons probeer het, was verkeerd. Ek het op Twitter vir nog adresse gevra en is nog een aan die oorkant van die rivier gegee.”

Intussen het nog ’n Twitter-gebruiker, @SynStalker, soekgeselskappe begin mobiliseer.

“Toe hoor ons dat iemand @innov8ive se familie opgespoor en haar pa ingelig het,” vertel Dennen.

As jy hoor van iemand wat selfmoord oorweeg, moet jy dadelik iets doen, sê Dennen.

“Omdat jy byna enigiemand op Twitter kan volg, laat dit ’n gemeenskap toe om onmiddellik tot stand te kom, iets wat nie vyf jaar gelede sou kon gebeur nie.

“Dit was regtig interessant om te sien hoe ad hoc-soekgeselskappe binne twee minute gevorm word.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: twitter  |  selfmoord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.