Tweejarige verbrand erg by braai

2012-01-04 09:42
Tweets Share Share line Print

sabella Kruger, wat 80% derdegraadse brandwonde opgedoen het toe ’n bottel vuuraansteekmiddel in haar pa se hande ontplof het. Foto: Facebook

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesbug – ’n Tweejarige meisie van Lephalale (Ellisras) het 80% derdegraadse brandwonde oor haar hele lyf opgedoen toe ’n bottel met ’n vuuraansteekmiddel in haar pa se hande ontplof het.

“My prinses is so sterk, ek wens ek het haar krag gehad,” het Anice Barnard Kruger, ma van die tweejarige Isabella, op haar Facebook-blad geskryf.

Die meisie was gister in ’n bedenklike, maar bestendige toestand in die brandeenheid van die Garden City-kliniek in Johannesburg.

Erwin Kruger (39), haar pa, se hande is erg gebrand. Hy word in dieselfde hospitaal behandel. Die Krugers is bekend in Lephalale en besit die Friesplaas-melkery. Kruger is ook ’n professionele jagter.

Die fratsongeluk het Oujaarsaand kort voor 19:00 gebeur.

Carla Kruger, Isabella se ouma, het gister vertel haar seun was Saterdagaand besig om ’n braaivleisvuur aan te steek. Hy het Firelighting Gel aan die hout gesmeer.

“Ons gebruik dit al jare om mee vuur te maak.”

Die plastiekbottel was byna leeg. Dit het moontlik gas opgebou en toe weens die hitte van die vlamme in mnr. Kruger se hande ontplof.

Klein Isabella het in die tuin gespeel, sowat 2?m van waar haar pa gestaan het. Die slag van die ontploffing was so erg dat die vlamme tot by Isabella “uitgebol” het.

Barnard Kruger was in die huis. “Dit het soos ’n geweerskoot geklink. Ek het eers gedink iemand is dalk geskiet.”

Sy het uit die huis gehardloop. “Ek het my dogtertjie in vlamme op die gras sien lê.” Sy het haar hemp uitgetrek en op Isabella gegooi.

Carla Kruger het haar seun hoor skreeu en ook by die huis uitgehardloop.

Sy het ’n deurmatjie gegryp en die vlamme op hom doodgedruk.

Barnard Kruger en haar skoonouers het met haar man en dogtertjie na die provinsiale hospitaal in Lephalale gejaag. Hulle het Isabella in ’n kombers toegedraai.

Die egpaar woon sowat 2 km buite die dorp op die Stockpoort-pad.

“My dogtertjie het vandat dit gebeur het nog nie een keer gehuil nie.”

Albei is later per ambulans Johannesburg toe geneem.

Kruger het tweedegraadse brandwonde aan sy hande opgedoen.

Isabella is aan ’n ventilator in die brandeenheid se hoësorg-afdeling gekoppel.

“Haar hart kry swaar. Sy is onder sterk verdowing,” het haar ouma gistermiddag gesê.

Haar ma het gistermiddag gesê: “Dit lyk op dié tydstip glad nie goed nie. Ek probeer sterk wees vir my familie.”

Volgens haar verwyt haar man homself oor wat gebeur het.

Mnr. Kruger se wonde herstel goed. Die egpaar het ook ’n ses maande oue seuntjie, Arno.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: kinders  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.