Tweede tornado van dag tref Oos-Rand
2011-10-02 23:17
Kaapstad – ‘n Tornado het die Oos-Rand Sondagaand getref en omvattende skade by Duduza naby Nigel aangerig.
Dit was die tweede van die dag nadat ‘n sterk wind, vermoedelik ook ‘n tornado, huise in Ficksburg in die Vrystraat platgeslaan het.
‘n Negejarige seun het gesterf toe ‘n muur op hom geval het.
‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Pretoria het bevestig dat die storm wat Duduza getref het ‘n tornado was.
Hy sê verskeie huise is erg beskadig, maar kon nie ‘n presiese getal gee nie.
Volgens die weerdiens kan nog storms Maandag verwag word.
‘n Woordvoerder van die OR Tambo Internasionale Lughawe het gesê ses vlugte is Sondag met ongeveer ‘n uur vertraag weens slegte weer.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24
- Baby & Me