Tweede kind van gesin pleeg selfmoord

2011-07-06 09:15
Tweets Share Share line Print

Bethlehem - ’n Hegte gesin van dié dorp neem vandag die tweede keer in ’n jaar afskeid van ’n kind wat selfmoord gepleeg het.

J.W. Heymans (24), ’n ywerige sportman en opgeleide plaagbeheer-operateur, is Sondag in die vroeë oggendure by sy ouers se onderneming, Bethlehem-plaagbeheer, dood aangetref waar hy homself glo gehang het.

Heymans se hartseer ma, Tess, ’n bekende sakevrou en lid van Bethlehem se Rotariërs, wou nie met Volksblad praat nie. Heymans se jare lange vriendin, Natasha Stander, wou ook nie kommentaar lewer nie.

Stander het op ’n Facebook-groep ter nagedagtenis van Heymans haar liefde uitgespreek.

“Ek mis jou my ander helfde. Ek sien nog hoe jy vir jouself kwaad raak op die gholfbaan. Dankie dat jy my gevat het om na die sterre te kyk op jou flat se dak, jy het belowe as dit warmer word, sal ons weer. Nou sal ek moet opkyk na jou toe en sien hoe helder jy vir my blink.”

Heymans se ouer suster, Jenny Truter (36) van Fouriesburg, is op 15 Junie verlede jaar dood. Sy het ook selfmoord gepleeg. Haar man, Hanno Truter, sê hy glo nie JW het ooit sy suster se dood verwerk nie.

“Hulle was baie na aan mekaar. Jenny se dood het ’n groot impak op hom gehad.”

Truter sê sy kinders, Daníelle (11) en Charl (9), gaan hul oom baie mis.

Heymans was ’n ywerige sportman wat graag fiets gery en gholf en krieket gespeel het.

Hy het vir die Bethlehem-Dorp-krieketklub gespeel.

Okkie Botha, hoof van die Hoërskool Witteberg waar Heymans in 2005 gematrikuleer het, het die gewilde Heymans as ’n “oulike seun” beskryf.

“JW was altyd ’n vrolike, joviale soort kind – altyd vol grappies. Hy het ’n groot vriendekring gehad. Almal het van hom gehou.”

Heymans word oorleef deur sy pa, Hannes, ma, Tess, en broers, Regardt, Gerhard en Jaco.

Die begrafnis is vandag om 14:00 uit die Nederduitsch Hervormde kerk in Barry de Kok-laan, Bethlehem.

Sers. Majang Mosupa, polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

- Volksblad

Lees meer oor: selfmoord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 114,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2009
R 255,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2008
R 280,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.