Twee wildstropers vas
2009-08-24 18:40
Johannesburg - Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering renosters in KwaZulu-Natal onwettig gejag het.
Die twee wildstropers is Donderdag deur Ezemvelo KZN Wildlife in hegtenis geneem en daar word nog gesoek na ‘n derde verdagte.
Volgens Bandile Mkhize, die hoof van Ezemvelo KZN Wildlife, is daar ook op ‘n rewolwer met drie rondes ammunisie en ‘n R1-wapen met 14 rondes ammunisie beslag gelê.
"KwaZulu-Natal is onlangs deur ‘n plaag van wildstropers getref en areas wat deur my organisasie beskerm word het hierdie jaar al 14 witrenosters verloor terwyl privaat wildreservate al 5 verloor het”, het Mkhize gesê.
- Sapa