Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Twee wat skildery skend sal vrygelaat word

2012-05-22 20:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee mans wat na bewering ‘n omstrede skildery van pres. Jacob Zuma in ‘n galery in Johannesburg geskend het, sal Dinsdagaand vrygelaat word, het die polisie gesê.

Die waarnemende stasiekommissaris van die Rosebank-polisiekantoor, Gerhard Steyn, het gesê die mans is teruggeneem na die aanhoudingselle by die polisiekantoor, maar sal later Dinsdagaand vrygelaat word.

Hy het gesê die polisie stel steeds ondersoek in.

Steyn het die media, wat in die polisiekantoor se voorportaal saamgedrom het, gevra om huis toe te gaan, aangesien niks tot later sou gebeur nie.

Die skildery, deur die Kaapse kunstenaar Brett Murray, beeld Zuma uit waar hy met sy penis blootgestel staan.

Twee mans het na bewering die skildery met rooi en swart verf geskend deur die gesig en middellyf te bedek.

Krish Naidoo, vir Lowie Mabokela (25), het gesê sy kliënt word op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy word aangekla van opsetlike saakbeskadiging.

Mabokela het na bewering Dinsdagoggend swart verf oor die portret van Zuma geverf by die Goodman-galery.

Naidoo het gesê Mabokela is ‘n taxibestuurder van Limpopo wat na Johannesburg gereis het om die skildery te sien.

“Sy familielede is betrokke by kuns. Hy het al die pad van Limpopo af gery om die portret self te sien en dit is die rede waarom hy hier is,” het Naidoo gesê.

Hy het gesê daar is geen verbintenis tussen Mabokela en die tweede man, wat rooi kruise oor Zuma se gesig en die penis geverf het, nie.

“Dit was spontaan van albei van hulle, hulle was net toevallig op dieselfde tyd daar,” het Naidoo gesê.

Albei mans sal na verwagting Woensdag in die Johannesburg-streekhof verskyn.

Naidoo het gesê Mabokela het ‘n klag van aanranding ingedien teen die veiligheidswag wat hom aangekeer het by die galery.

“Ons het die polisie gevra om dit te oorweeg om die veiligheidswag in hegtenis te neem. Ons oorweeg dit om siviele optrede te neem teen die galery vir die aanranding,” het Naidoo gesê.

Die inhegtenisnemings het plaasgevind minder as ‘n uur nadat die Hooggeregshof in Johannesburg gesê het ‘n aansoek van die ANC om die skildery uit die galery te laat verwyder, moet Donderdagoggend deur ‘n vol bank regters aangehoor word.

‘n Derde persoon is later in die dag in hegtenis geneem nadat hy blykbaar die woord “respect” op ‘n muur by die Goodman Galery probeer skryf het met spuitverf.

Die Goodman Galery het Dinsdagaand in ‘n verklaring gesê die galery se deure is tydelik vir die publiek gesluit.

Liza Essers, eienaar van die galery, het gesê dié besluit is geneem ná verskeie dreigemente en die skending.

“Die omvang van die woede het my verstom en ontstel,” het sy gesê.

“Ons het besluit om dit te doen aangesien ons voel die Goodman-galery, die personeel en besoekers van die publiek is in gevaar.”

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: brett murray  |  jacob zuma
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Kaspaas Breekwater sê... Die beste gesegde nog van een van my swart werkers: "thats why they say a white man leaves a will and a black man leaves a bill when they die" . Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.