Twee wagte vas vir diefstal
2010-01-26 12:06
Johannesburg – Twee sekuriteitsbeamptes wat by ‘n inbelsentrum in Pretoria gewerk het, is Dinsdagoggend vir diefstal in hegtenis geneem, het die Gautengse-polisie gesê.
Volgens kapt. Jan Shawane Sepato word ‘n derde verdagte steeds gesoek.
Die drie het glo op die aand van 22 Januarie rekenaars van Old Mutual se Watloo-inbelsentrum gesteel.
“Een van die verdagtes met die sleutels van die perseel in sy besit gevind. Dit is onwettig vir sekuriteitsbeamptes om die sleutels in hul besit te hê.”
“Dit is die sewende arrestasie sedert Desember, waarby sekuriteitsbeamptes wat 'n wakende oog oor persele hou, betrek word. Ons moedig sekuriteitsmaatskappye aan om eers met polisiestasies in verbinding te tree, voordat mense aangestel word.”
- Sapa