Twee vroue sterf toe bakkie hulle tref
2010-09-04 22:00
Kaapstad – Twee vroue is dood toe hulle Saterdag in ‘n ongeluk in Kaapstad betrokke was, het paramedici gesê.
Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24, het hul motor teen ‘n paal gebots. Toe hulle daarna uit die motor klim, het ‘n bakkie hulle getref.
‘n Derde jong persoon, wat vermoedelik die dogter van een van die oorledenes is, is nie beseer nie, maar was erg getraumatiseer.
Die bestuurder van die bakkie het ‘n klein skraapwond aan sy kop opgedoen.
Die voorval het in Buitengrachtstraat by die kruising met Hans Strydomrylaan plaasgevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA