Twee vroue sterf in taxi-ongeluk
2011-05-12 15:36
Johannesburg – Twee vroulike passasiers is dood nadat die taxi waarin hulle gery het teen 'n straatlig in Newtown gebots het, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Dertien ander mense, insluitend die bestuurder, is ernstig beseer en na 'n hospitaal geneem, het hoofsupt. Wayne Minnaar, 'n woordvoerder, gesê.
Die bestuurder het by die kruising van Jeppe- en Henri Nxumalostraat beheer oor die voertuig verloor.
Twee sake van strafbare manslag word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA