Twee vroue sterf in Karoo-ongeluk
2011-12-17 23:00
Johannesburg – Twee vroue is dood toe hul motor Saterdag op die N1 in die Karoo omgeslaan het, het verkeersbeamptes in die Wes-Kaap gesê.
"Een vrou is uit die motor geslinger en die ander vrou het doodgebrand," het die Wes-Kaapse verkeershoof Kenny Africa gesê.
Hy het gesê die sleepwa, wat deur die motor gesleep is, se wiel het tussen Drie Susters en Richmond gebars.
"Die bestuurder het beheer verloor en die motor het omgeslaan."
Africa het gesê 'n man en sy twee kinders (8 en 9 jaar) was ook in die voertuig, maar was ongedeerd.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA