Twee vroue in Parow vermoor

2010-06-15 07:54
Tweets Share Share line Print

Kobus Pretorius, Die Burger

Kaapstad - ’n Dubbele moord het gister die gemeenskap van Parow geruk toe twee jong vroue onderskeidelik verwurg en gesteek is by ’n huis in Weimarstraat.

Die een vrou (20) het saam met verskeie ander mense, onder wie haar ma en suster, in die huis gewoon. Haar ma het omstreeks 16:15 op die toneel afgekom.

Die ander vrou, vermoedelik 19, is van Boston in Bellville.

Ao. Jacques Mostert, polisiewoordvoerder in Parow, het gisteraand bevestig ’n 26-jarige man, wat op die perseel woon, is in polisie-aanhouding vir ondervraging.

Mostert het gesê een van die vroue is in die sitkamer gevind.

Hy het die binnekant van die huis as “deurmekaar” beskryf.

Forensiese patoloë het omstreeks 20:20 op die toneel aangekom en sou volgens Mostert die res van die aand die toneel fynkam.

Mostert kon nie die name van die oorledenes bekend maak nie en het gesê die 19-jarige vrou, wat op haar maag gevind is en nie omgedraai kon word voordat die patoloë die toneel ondersoek het nie, se identiteit moet nog bevestig word.

Volgens bure is die moord die derde voorval in twee weke in die straat.

Daar was verlede week ook glo twee inbrake in die straat.

Die bure het egter gesê hulle voel nie bang nie en is nie juis besorg oor hul veiligheid nie.

“Ons is al gewoond aan allerhande verdagte voorvalle en karakters in die gebied. Dit is vir ons ’n alledaagse ding,” het ’n vrou gesê.

’n Buurman wat al 20 jaar in die straat bly en die gebied baie goed ken, het gesê moord is nie iets wat eintlik hier voorkom nie.

“Ek het nooit gedink so iets sal hier op my voorstoep gebeur nie,” het hy gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: sterftes  |  moorde  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Stephan sê... "Die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) is gekant teen die huidige voorgestelde jeugloonsubsidie. Dit is omdat "onpatriotiese" Suid-Afrikaanse werkgewers die subsidie gaan gebruik om "hulle eie sakke vol te stop", het hy gesê. " Die gehuil om die subsidie gaan daaroor dat elke jong mens wat werk kry nie noodwendig aan hulle geld hoef oor te betaal nie. Cosato se smerige hande word uit die kasrigerster gehou. Geen wonder hulle is so bang nie. Indien ouer mense afgedank word, droog hulle inkomste op. Dis so deursigtig. Tyd dat die smerige spul in die bek geruk word. Sosato dink hulle regeer die land. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2005
R 109,995.00

KIA

Carnival 2.5 V6 AT MPV
2000
R 89,995.00

NISSAN

Hardbody 2000i LWB PU
2011
R 144,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.