Twee babas sterf weens staking by hospitale
2010-08-22 19:55
Kaapstad - Twee vroeggebore babas is dood omdat die staking deur staatsdienswerkers by hospitale voortduur, het RSG berig.
Sowat 80 ander vroeggebore babas moes by verskeie Netcare Privaat-hospitale in Johannesburg opgeneem word.
Meer as 150 ander pasiënte van staatshospitale is reeds by Netcare se hospitale opgeneem.
Die meeste van die pasiënte het noodbehandeling nodig gehad en van hulle se toestand is baie ernstig.
Volgens dr. Richard Friedland, uitvoerende hoof van Netcare is van die ernstige pasiënte moeders wat nie by die staatshospitale geboorte kon gee nie.
Die meeste babas kom van die Natalspruit en Chris Hani Baragwanath hospitale. Friedland sê agt babas is na behandeling ontslaan.
- Volg Nuus24 op Twitter.