Twee voetgangers deur taxi doodgery
2012-01-10 18:03
Johannesburg – Twee mense het Dinsdagmiddag gesterf nadat ‘n minibus-taxi hulle getref het naby die King Shaka Internasionale Lughawe in Durban, het paramedici gesê.
Die twee voetgangers, albei in hul 30’s, het langs die N65 gestap toe die taxi hulle tref, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Albei mans het tragies op slag gesterf weens die verskeie beserings wat hul opgedoen het.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA