Twee vliegtuie vermis ná skou
2011-08-14 23:15
Johannesburg – Twee ligte vliegtuie wat na Gauteng onderweg was ná ‘n lugskou in Tzaneen word vermis, het die Mopani-distriksmunisipaliteit Sondag gesê.
Die Albatross-vliegtuie, met ses insittendes elk, is vermoedelik in die George’s Valley-gebied tussen Polokwane en Tzaneen, het Mashadi Mathosa, woordvoerder, gesê.
“’n Gesamentlike operasie is van stapel gestuur om die vliegtuie op te spoor... George’s Valley is ‘n bergagtige gebied, so ons is bekommerd.”
Die vliegtuie het vroeër Sondag van ‘n landingstrook in Tarentaal naby Tzaneen opgestyg.
Hulle was na bewering op pad na die Rand-lughawe in Germiston.
Verdere besonderhede is nog nie beskikbaar nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA