Twee verminkte lyke op strand gevind
2011-06-06 22:01
Johannesburg - Die verminkte lyke van twee vroue is Maandagoggend op Wells Estate-strand in Swartkops, Port Elizabeth, gevind, het die polisie gesê.
“Een se keel was oopgesny en die ander se maag is oopgesny,” het Dumile Gwavu, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die vroue is nog nie geïdentifiseer nie, maar ons vermoed hulle was in hul vroeë twintigerjare.”
Albei van hulle was kaal van die heup af ondertoe. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat hulle ook verkrag is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA