Twee verkragters kry lewenslange tronkstraf
2011-12-07 16:27
Pretoria – Twee mans van Limpopo is Woensdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ‘n 19-jarige meisie verkrag het, het die polisie gesê.
Jimmy Phalanda, 19, en Bashen Doctor Makoto, 23, is Dinsdag in die Mankweng-landdroshof skuldig bevind nadat hulle die meisie in 2009 verkrag het, het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.
“Die slagoffer het op die aand van 18 Augustus 2009 saam met haar vriende geloop toe hulle die verdagtes ontmoet het. Die twee het haar verkrag en die polisie het hulle kort daarna in hegtenis geneem,” het Mulaudzi gesê.
Die twee het reeds kriminele aanklagte teen hulle gehad.
"Phalanda het ‘n uitstaande verkragtingsaak teen hom, terwyl Makoto reeds vyf aanklagte van gewapende roof en een aanklag van moord teen hom het.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA