Twee verkool in Vereeniging-ongeluk
2011-09-23 12:17
Johannesburg – Twee mense het doodgebrand toe hul motor trompop teen ‘n vragmotor in Vereeniging, suid van Johannesburg, gebots het, het paramedici gesê.
Derrick Banks, woordvoerder vir ER24, sê die motor was Vrydagoggend aan die brand toe paramedici by die ongelukstoneel opgedaag het.
Hy sê die insittendes het gesterf voordat die brand geblus is.
Volgens Banks is die slagoffers nog nie geïdentifiseer nie.
Die bestuurder van die vragmotor is beseer toe hy deur die voertuig se voorruit geslinger is. Hy word tans in die Sebokeng-hospitaal behandel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA