Twee verkeersbeamptes geskors
2011-12-13 20:54
Johannesburg – Twee verkeersbeamptes van Mpumalanga is geskors nadat hulle aan bedrog skuldig bevind is, het die plaaslike departement van veiligheid Dinsdag gesê.
Die twee is in November in die KwaMhlanga-landdroshof skuldig bevind nadat een van die beamptes in 2008 ‘n opgegradeerde bestuurslisensie aan die ander toegeken het sonder ‘n toets, het die departement in ‘n verklaring gesê.
Die twee beamptes is elk ‘n boete van R20 000 opgelê, met die helfte van die bedrae wat opgeskort is.
Die beamptes is geskors sodat die departement dissiplinêre verhore kan hou. Dit sal bepaal of hulle steeds verkeersbeamptes kan wees, het die departement gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA