Twee vas wat reserviste skiet
2011-03-12 23:23
Johannesburg - Twee verdagtes is Saterdag in verband met die skietery op twee polisiereserviste in Hillbrow, deur die polisie vasgetrek.
Die 21- en 25-jarige verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle in 'n gebou weggekruip het.
Die twee polisiereserviste is deur die verdagtes gewond, nadat hulle 'n rooftog op straat gewaar het. Hulle het probeer ingryp, het konst. Thabo Malatjie gesê.
Die verdagtes het in 'n nabygeleë gebou in gehardloop. Toe die beamptes hulle jaag, het die verdagtes op hulle geskiet.
Een beampte is in die hand gewond, en die ander is in die boud getref.
Albei beamptes is in 'n stabiele toestand in die hospitaal.
Volg Nuus24 op Twitter.