Twee vas wat prysetikette aan klere ruil
2012-02-01 18:55
Johannesburg - Twee mans is in Jabulani in Soweto in hegtenis geneem nadat hulle die prysetikette op kledingstukke omgeruil het, het die polisie Woensdag gesê.
“Die twee, wat beide 26 is, het glo (Dinsdag) klere van Pep Store omgeruil vir duurder klere van Edgars deur Edgars-prysetikette daaraan te heg,” het ao. Kay Makhubela gesê.
Dit was nie onmiddellik duidelik hoe hulle die Edgars-prysetikette bekom het nie.
Makhubela sê die mans het probeer om die klere teen ‘n afslagprys aan ‘n vrou in die winkelsentrum te verkoop nadat hulle dit omgeruil het. Sy het onraad vermoed en die polisie in kennis gestel.
“Die mans is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van poging om bedrog te pleeg,” het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA