Twee vas wat glo man se neus afsny
2012-01-13 13:49
Johannesburg – 'n Sangoma en sy kliënt is in hegtenis geneem vir die moord op 'n man wie se verminkte lyk in sy huis in Freedom Park naby Soweto gevind is, het die Gautengse polisie Vrydag gesê.
Die twee is Donderdag in hegtenis geneem, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.
'n Besoeker het volgens Tsinyane Woensdag op die 39-jarige man se lyk afgekom waar dit op die vloer in sy huis gelê het.
"Sy neus was afgesny en een oog was weg," het Tsinyane gesê.
"Die motief vir die moord is steeds nie duidelik nie, maar gemeenskapslede meen dit hou verband met moeti."
Tsinyane het gesê die sangoma, 39, en sy pasiënt, 21, is die laaste mense wat saam met die vermoorde man gesien is.
Hulle sal na verwagting binnekort in die Protea-landdroshof op moordaanklagte verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA